News

Industries

Companies

Jobs

Events

People

Video

Audio

Galleries

My Biz

Submit content

My Account

Advertise

Marketing & Media Forums South Africa

Waar pas Gemeenskapradio in??

Musiek vs praat? Hoekom luister luisteraars?

First I would like to see how many Afrikaans reply's we get here?

Hier word gereeld gepraat oor die vraag van wat dit is wat luisteraars na 'n spesifieke program laat luister. Die beginsel van 1.Vermaak, 2. Informeer en 3. Opvoeding (in daai volgorde) is miskien 'n beginsel wat uit die 50's steeds vandag van toepassing is (of is dit?). Vir al die jare was dit 'n 'vereiste' maar deesdae (met al die elektroniese vooruitgang) is dit lankal nie meer 'voldoende' nie.

Die interaksie tussen die aanbieder en die luisteraar het belangriker geraak as entertain, inform en educate.

Is dit die aanbieder wat kan verwys na die koffieshop op die hoek tydens sy verkeersverslag wat meer punte kry of die een wat net na die kruising verwys?? Die vraag is: luister mense na die 'musiek' of na die 'gepraat'?

Wat ek wil weet is: Luister jy na die aanbieder of die stasie? Waarom verkies jy om op FM na musiekradio te luister maar wanneer jy na internetprogramme luister verkies jy die waar gepraat word?

Dit is ook die dilema waarmee Gemeenskapradio sit. Meeste Gemeenskapradio het hulle lisensie verkry omdat hulle 60/40 praat vs musiek voorstel! Wanneer die radiostasie dan deur luisteraars gemeet word aan kommersieele radio (hoofsaaklik musiekradio) plaas dit die gemeenskapradio op 'n ongemaklike stoel. Speel musiek soos die kommersieele radio maar praat (volgens die lisensie) 60% van die tyd oor/van die gemeenskap.

Na die onlangse RAMS is dit duidelik dat die gemeenskapradio veral in die rural areas 'n sterker houvas op die luisteraar (alhoewel die laer inkomste groep) het - maar waar pas die gemeenskapradio in wanneer daar oor musiek vs praat gedebateer word. In die middel? Is dit die onregverdige teenvoeter?

Of is dit die geheime wapen waarmee die derde hond gaan wegkom?

Forum created by Robin J



Let's do Biz