
In the news
SANW haal alles uit vir sy 2017-optrede by die Randse Skou

Randse Skou-besoekers kan weer soos altyd verwag dat daar oor die Paasnaweek oorverdowende vermoë-vertonings in die Hoofarena gaan wees (14-17 April 2017), met genoeg geraas, gesimuleerde oorlogsgevegte en brullende enjins om die hele gesin te vermaak.
Die vier bene van die SANW kom ook weereens bymekaar om ’n reuse gesamentlike uitstalling van militêre toerusting van meer as 10 000 vk m aan te bied, volledig met ’n reuse uitkykbrug van waar die uitstalling besigtig kan word, plus die Rooivalk en Oryx, ’n duiktenk, en soveel meer.
Hier is ’n lys toerusting waarna besoekers by hierdie indrukwekkende uitstalling kan kyk.
SANW-loopbaandorpie
Suid-Afrikaanse Lugmag:
- Rooivalk
- Oryx
- Buffalo Supreme-brandweerwa
- Umlindi-antenne
- TMR
- Vliegtuigmeganika
- Oorlewingstoerusting
- Krygstuigseksie
- DMS-masjienwerkswinkel
- DMS-vliegtuigstruktuurseksie
- Impala-simuleerder
- Lugvaartbewustheid
- Visuele vlieg
- Young Falcons-program
SA Vloot:
- Duiktenk
- Rivierpatrollieboot
- Aanklampboot
- Sanad-vertoon wat bestaan uit ’n torpedo, 40/60 Bofor-geweer, Umkhonto-missiel, 3-pond-geweer, tweeling 12,7 mm-dubbelgeweer en montering,
- Mynteenmaatreëlvertonings
- Seemanskap-uitstalling
- Hidrografie-uitstalling
SA Weermag Infanterieformasie: - Vierwielmotorfietse
- Perde
- Jong honde aangewend vir opleiding en op grenspatrollie
- ’n Ratel en sy wapenstelsel
- Casspir en alle pelotonwapens
SA Weermagsteunformasie:
- Zebra
- Rooikat Mk 1D
- Mk2-pantserwa en pantserwavervoerder
- Ratel ZT3
- Olifant Mk 1 A (slegs enjin)
SA Weermag Geskutformasie:
- 155 mm GVS-geweer
- 120 mm M5-mortier
- Brandbeheerpostoerusting
SA Weermag ADA:
- 35 mm MK V ADA-geweer
- Thutlwa-radarstelsel
- LPD 20-radarstelsel
- 23 mm Bosvark-vliegtuigafweergeweer
SA Weermag Pantserwaformasie:
- Pantserwavervoerder met Olifant MK II MBT
- Ratel ZT3 – A
- Rooikat Pantservoertuig
SA Weermagingenieurformasie: - Bedryfskonstruksie met padskraper (Pankonstruksiemasjien)
- Dieselbunker
- Voorlaaier
- Mobiele-werkswinkels
- Skit Skeer
- Gevegsingenieurs met toerusting en medium lêerbrug
- Landmynoorlogvoering
- Opvou-opvoubare brugstelsel
- Tienmanbote
SA Weermag Intelligensieformasie:
- Taktiese Intelligensie-beheerpuntstelsel
- Steun- en Vervoerskuiling
- Intelligensie Bestuurstelsel
- Gevorderde waarnemingsprodukte
- Basiese waarnemingstelsel
- Bedryfs-, taktiese en teenintelligensieprodukte
- Vragdratoerusting
Twee Seinregiment:
- Kommunikasiesleepwa
- Sleepwagemonteerde kragopwekker DACT 50/3 AMF
Sewe Seingroep:
- C42-stel (PSU en basisstel) B27-radio’s
- A53/B56, A39, A39 MK2, M-radiostelle
- Diorama-slagveldminiature
SAMGD: - Veldhospitaal
- Mfezi-ambulans
Spesiale Magte:
- Wahoo-boot
- Hurricane-boot
- Opblaasboot
- See-oorlewing
- Land-oorlewing
- Voorstedelike toerusting
- Wapens
Daar is so baie te sien en doen met die SANW, jy moet seker maak jy het genoeg tyd oor vir ander puik bedrywighede op die Randse Skou se lys van topgehalte vermaak.
Besoek www.randshow.co.za vir meer inligting oor die hoogtepunte wat hierdie jaar by die Randse Skou plaasvind.
Wanneer, waar en hoeveel?
Die Randse Skou duur van Vrydag 14 April tot Sondag 23 April 2017, van 9vm tot 7nm (hekke sluit om 6 nm), by die Johannesburg Ekspo-sentrum, Nasrec (GPS – S26°14.484’ O27°58.510). Daar is volop parkering op die perseel met sigbare polisiëring.
Randse Skou-kaartjies by die hek kos R150 vir volwassenes, R50 vir pensioentrekkers, R50 vir 13-16-jariges, R20 vir 6-12-jariges, en toegang vir kinders jonger as ses is gratis. Midweek-spesiale aanbiedinge vir Dinsdag 18, Woensdag 19 en Donderdag 20 April is slegs R75 vir volwassenes, en R20 vir 13-16-jariges. Opelugparkering is R20 per motor. Kaartjies is by die hekke of deur Computicket beskikbaar. Kaartjies bied toegang tot ’n groot verskeidenheid vermaakhoogtepunte in, maar sluit ritte in die helikopter en op die enkelspoor-, dryfvaartbaan, die pretpark, sakspronge en alle verversings uit.
- The ocean is coming to Joburg this weekend16 Apr 15:20
- Buckle up, motorheads – Nitro Crew brings custom cars and audio action to Rand Show 202510 Apr 10:38
- The SANDF showcasing at the Rand Show 202508 Apr 14:06
- Plan your best day out03 Apr 11:59
- The ocean is coming to Joburg and making a big splash at The Rand Show 202524 Mar 10:14
